deur arbeid bereik jy jou einddoel

20 Jan 2010
29 Jan 2010
5 Feb 2010
12 Feb 2010
26 Feb 2010
12 Maart 2010
25 Maart 2010
18 April 2010
30 April 2010
20 Mei 2010
3 Junie 2010
16 Julie 2010
23 Julie 2010

Kliek op 'n datum om daardie week se brief af te laai.

                           

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

rydagbrief

________________________________________________________________

  23 Julie 2010
VRYDAGBRIEF 13 VAN 2010

Geagte Ouers

OPTREDE : STEYN FOURIE

Vanaand om 19:00 tree Steyn Fourie op by Makarios AGS, Virginia. Alhoewel dit 'n jeugsaamtrek is, is alle ouderdomme baie welkom aangesien die kunstenaar hom toespits op familievermaak.

In die vertoning verduidelik Steyn aan kinders hoe om hulle ouers beter te verstaan en hoe om aan ouer-en-kindverhoudings te werk. Volwassenes word ook vermaak met musiek uit hulle eie jeug. Toegang is R10 per persoon.


BYMEKAARKOMPLEK VIR JEUG

Die jeugforum was in die gelukkige posisie om 'n lokaal in Marynastraat te bekom waar ons gemeenskap se hoërskoolkinders gedurende naweke gesellig kan verkeer. Die inslag sal van 'n geestelike aard wees. Die kinders sal in die komende week op 'n naam vir die bymekaarkomplek besluit . Die inwyding vind plaas op Saterdag, 31 Julie 2010.

Daar is egter nog 'n paar onafgehandelde sake waarvoor fondse dringend benodig word. Ondersteun asseblief hierdie inisiatief om ons kinders konstruktief en op 'n geestelike vlak besig te hou gedurende naweke.


SENõR CHEF-PROJEK

Die SENõR CHEF-PROJEK begin ook in die komende week. Ons vra u vriendelik dat u dit ook sal ondersteun. Die voordeel van hierdie projek is dat u deur die skool te ondersteun, welbekende produkte kan aankoop wat u sou moes gaan koop by 'n supermark. Dit is dus geld wat u in elk geval sou spandeer. Elke kind sal 'n bestellys ontvang en kan u gerus kyk na die verskeidenheid produkte wat teen uiters billike pryse beskikbaar is.    


AANLEG- EN BELANGSTELLINGTOETSE 

Ons graad 9- en graad 11-leerders het in die afgelope week aanleg- en belangstellingstoetse afgelê. Die betrokke ouers sal vroegtydig ingelig word wanneer die terugvoer sal plaasvind. Die vakkeuses vir die graad 9-leerders sal ook eersdaags gedoen word na aanleiding van hierdie uitslae.


PLUIMBAL

Sterkte aan Tebo Mogotsi, Lydia Dhlangisa en Frederik Swanepoel wat hierdie naweek deelneem aan die 0/17 Vrystaat Ope Kampioenskappe. 
LIGA UITSLAE

NETBAL  vs Sandveld (Wesselsbron)RUGBY vs Sandveld (Wesselsbron)
0/14-span verloor 17 - 18              0/16 A-span wen 41 - 5 
0/15-span wen 22 - 5                     Eerstespan wen 43 - 8 
Tweedespan wen 26 - 6
Eerstespan wen 31 - 17 

NETBAL vs Bultfontein
0/14-span wen 
0/15-span speel gelykop
Tweedespan wen 26 - 6
Eerstespan wen 31 - 17 

TENNIS
Seuns eerstespan verloor teen Gimnasium met 3 potte. 
Dogters eerstespan wen teen Sandveld met 5 potte.


DERBY : SAND DU PLESSIS

Aangeheg vind u die program vir hierdie naweek se derby teen Hoërskool Sand du Plessis van Bloemfontein. 

Vrydag
13:00Dogters tennis - skoolbane
14:30Seuns tennis - skoolbane
15:00 Dogters hokkie- koshuis

Saterdag

Netbal

Rugby

9:30/19 B en 0/14

10:000/16 B

10:000/15

11:000/16 A

10:300/19 A

12:00Tweedespan

13:00Eerstespan

Ons dorp se eerstespan speel Saterdag om 16:00 op Uniepark in die semifinaal van die Griffons se Eersteliga teen Rovers. Die klub se lojaliteit teenoor ons skool is net weer onderstreep deur die feit dat hulle ons provinsiale rugbyspelers finansieel ondersteun het tydens die provinsiale toernooie tydens die vakansie.    

Die minste wat ons kan doen om dankie te sê, is om na afloop van ons eie skoolwedstryde in ons massas op te trek om hulle te ondersteun!


ONS IS ANDERS!


Nico Pretorius
SKOOLHOOF