deur arbeid bereik jy jou einddoel

 

 

 

Vir ouer nuus kyk gerus by ons spogblad

 

Hou uself op hoogte van gebeure deur die Vrydagbriewe hier te lees of af te laai

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

UUS 2011


Eksamenrooster Jun 2011

Links in Jip oor Hennies
Derby teen Sand du Plessis
Kovsieliga
Presteerders

SMS-boodskapdiens

Die skool het 'n SMS-boodskapprogram  Die stelsel maak dit vir ons moontlik om u in te lig rakende vergaderings, skoolgelde, prestasie van leerders, ens. U kan reageer op die boodskap deur 'n sms na die betrokke nommer terug te stuur

Vrydagbrief

Kyk gerus elke week na die Vrydagbrief op die webstuiste. U kan ook die brief aflaai. Kliek hier of kliek bo by admin en kies die vrydagbrief opsie.

 

Graad 12 - uitslae

Baie geluk aan die Gr-12 klas van 2011 met 'n 100% slaagsyfer. Ons is trots op julle!

Hennenman Hoërskool se krieketspan laat die kolwe klap.

Hennenman se eerste krieketspan lê na die eerste helfte van die seisoen gemaklik in die eerste plek van die Goudveld A liga. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is die feit dat Hennenman nog twee seisoene gelede in die B- liga gespeel het. Hennenman het reeds hierdie jaar oorwinnings behaal oor skole soos Welkom Gimnasium, Goudveld Hoërskool en St. Dominic's College.

Goudveld en St. Dominic's beklee tans die tweede plek met Gimnasium en Henties wat in hulle nek blaas. Hennenman is egter meer as een wen wedtryd met volle bonuspunte voor hulle naaste teenstander.

Daar word ook hierdie jaar in die A-liga om 'n Vrystaat Platteland Beker meegeding waar die eerste en tweede plekke in die Goudveld A-liga teen die eerste en tweede plekke in Oos-en-Kroon streek in die halfeindstryde te staan kom.  In die Oos-en-Kroon streek is Voortrekker(Bethlehem) eerste met Ficksburg en Witteberg gesamentlik tweede en Afrkaans Hoërskool Kroonstad (Rooi skool) wat nog 'n buitekans staan om die halfeindstryd te haal. Hennenman en Voortrekker is in albei ligas nog die enigste twee onoorwonne spanne.

Hennenman het ook hierdie jaar die Viljoenskroon Pro 20 Toernooi gewen. En het met 'n oorwinning oor Henties Cilliers gekwalifiseer vir die kwarteindrondte van die Vrystaatbeker in die 20/20 kompitisie waar hulle teen St. Andrews van Bloemfontein vasgeval het. St. Andrews en Grey Kollege is die gunstelinge om die kompitisie te wen.
 
Name van span in foto met Die Viljoenskroon Pro Trofee.
Agter V.L.N.R Wessel Marx, Danie van Heerden (Kaptein), Marco Engels, Anton Pretorius, Marco Pretorius, Gerhard van Wyk,Mnr Dirk Coetsee (Afrigter)
Voor VLNR Jurie Purchase, Charles Strydom, Angelo Pienaar, Stefan Smit, Kevin Pretorius.  

Matriekraad 2012

Agter v.l.n.r.:    Helen Pienaar, Hanno Erasmus, Ané Myburgh (hoofmeisie), Eddie Hills, Christo Coetzee (onderhoofseun), Anton Pretorius en Sias Blom (hoofseun)
 
Voor v.l.n.r.:     Vincent Mokeki, Emmarencia Coetzee, Bianca Smit (onderhoofmeisie), Chris-Marie Scheepers en Faith Dlamini

VRL 2012

V.l.n.r.:    Simoné Leibbrandt (gr. 11), Ulrike Wessels (gr. 9), Bianca Smit     
(gr. 12), Mariska Wepener (gr. 10), Conrad Jordan (gr. 10), 
Didier Botes (gr. 11), James du Plooy (gr. 9) en Vincent Mokeki (gr. 12)

Hennenman vs Kalahari

Hennenman wen die wedstryd wat in Betlehem gespeel is met 36 -33. 

HENNENMAN WENNERS VAN SANDVELD- EN VRYSTAAT PLATTELANDLIGA

Ons eerste rugbyspan is vir die elfde keer in die afgelope 13 jaar die wenners van die Sandveldliga nadat hulle Bothaville met 22 - 16 in die eindstryd geklop het. Hulle is ook vir die derde keer die wenners van die Vrystaat Plattelandliga nadat hulle Ficksburg met 17 - 14 in die semifinaal en Frankfort met 19-15 in die finaal  geklop het.

Agter v.l.n.r.: Mnr. Dirk Coetsee (afrigter), André Bothma, Freddie Wepener,  Louis Minnaar, André Vermeulen, Ferdi Smith, Leonard Vernooy, SF Kock, Eddie Hills,
Morné Coulson, Robert Pottas (kaptein), Sias Blom, Didier Botes, 
Mnr. Nico Pretorius (afrigter)
Voor v.l.n.r.:Anton Pretorius, Gerrit Ehlers, Pieter Minnaar, Danny Booysen, 
Christo Coetzee, Vincent Mokeki, Willie Schoeman, Gert Coetzer, 
Marco Pretorius, Frederik Swanepoel 
Foto: Plattelandwenners (geneem deur ProPics Studio)

RUGBY

Danny Booysen, gr. 12-leerder is tydens die VKB o.19-Rugbyweek te Reitz verkies tot die SA-Plattelandspan wat tydens die September-vakansie 'n toer na Engeland en Wallis onderneem.

TENNIS

Ses leerders  het streeks- en provinsiale tennisspanne tydens toernooie verteenwoordig. Ulrike Wessels (gr. 8) en Mariska Sadler (gr. 8) het die Goudveld o.14-span in Welkom teen Vaalsone verteenwoordig, Kevin Pretorius (gr. 8) en Mellissa Janse van Rensburg (gr. 8) die Noord-Vrystaat o.14-span en Danie van Heerden (gr. 10) en Marco Pretorius (gr. 10) die Noord-Vrystaat o.16-span teen Oos- en Suid-Vrystaat in Bloemfontein.  Mellissa en Kevin het ook die naweek van 12 Augustus die Noord-Vrystaat o.14-span in Klerksdorp teen Noordwes verteenwoordig.


Mariska Sadler, Mellissa Janse van Rensburg, Danie van Heerden, 
Marco Pretorius, Kevin Pretorius en Ulrike Wessels

PLUIMBAL

Beide Hoërskool Hennenman se A-pluimbalspanne het tydens die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe te Bloemfontein uitstekend presteer. Die seunspan speel in die kwarteindrondte en die meisies het tot in die semi-finaal gevorder.


A-span seuns:Tebo Mogotsi, Frederik Swanepoel, Jason von der Fecht en Barco Greeff


A-span dogters:Lydia Dhlangisa, Cherise de Bruin, Shereen Pitso en Elmé de Villiers
Foto: Seuns Pluimbal A-span en Dogters Pluimbal A-span

TWEE VAN HSH IN SA-PLUIMBALSPANNE

Twee leerders van Hoërskool Hennenman, Frederik Swanepoel (gr. 11) en Elmé de Villiers (gr. 12) is opgeneem in Suid-Afrikaanse Pluimbalspanne wat onderskeidelik in Botswana en Isle of Man, UK gaan deelneem.


Frederik Swanepoel en Elmé de Villiers

RUITERSPORT

Twee leerders van Hoërskool Hennenman, Lee-Charné Basson (gr. 8) en Deámri Erasmus (gr. 9) is ingesluit in die Vrystaat Ruitersportspan wat 6 - 8 Augustus aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.  Lee-Charné het individueel 'n vierde plek in "Equatation", 'n sesde-, 12de- en 16de plek in "Jumping" en 'n 3de plek in "Working Hunter" behaal  en haar span het 'n eerste en tweede plek in "Jumping" en nog 'n eerste plek in "Equatation" behaal. Deámri het 'n 14de plek in die "2-phase", 'n negende plek in die "Equatation" en nog 'n negende plek in "Working Hunter" behaal.



Deámri Erasmus en Lee-Charné Basson

HENNENMAN SE o.14-NETBALSPAN: WENNERS VAN DIE SANDVELDLIGA

Die o.14-netbalspan het skitterende netbal gespeel en was onoorwonne tydens die seisoen. Hulle is dan die wenners van die o.14-Sandveldliga.


Voor v.l.n.r.: Tarien Jacobs, Luandri Els, Zanel vd Merwe en Ulrike Wessels
Agter v.l.n.r.:  Mellissa Janse van Rensburg, Camilla Grobbelaar, Mev. Esther Myburgh (afrigter), Mariska Joubert

HENNENMAN SE TWEEDE NETBALSPAN: WENNERS VAN DIE SANDVELDLIGA

Die tweede netbalspan het skitterende netbal gespeel en was onoorwonne tydens die seisoen. Hulle is die wenners van die Sandveldliga vir tweede spanne.


Agter v.l.n.r.:Elsjé Cronjé, Mev. Hendra Barnard (afrigter), Elizma Gildenhuys, 
Mev. Marna Pretorius (afrigter), Tammy van Wyk
Voor v.l.n.r.:Bianca Smit, Shereen Pitso, Merriam Khahloe, Mariana Nortje

HENNENMAN SE o.15-NETBALSPAN: WENNERS VAN DIE SANDVELDLIGA

Die o.15-netbalspan het gedurende die afgelope seisoen netbal van hoogstaande gehalte gespeel. Hulle was onoorwonne tydens die seisoen en is die wenners van die o.15-Sandveldliga.


Voor v.l.n.r.:Nicolene Kotze, Nicole Ferreira, Mariené Groenewald, Sharna Beets
Agter v.l.n.r.:Me. Ina Oosthuizen (afrigter), Karissa du Preez, Deámri Erasmus, 
Mariska Wepener, Anjé Erasmus en Linda Ehlers

Drie van Hennenman ook in Lejweleputswa spanne vir netbal


Drie leerders het ook verdere proewe gaan speel en is opgeneem in Lejweleputswa netbalspanne. Hulle is Lydia Dhlangisa (o.16), Camilla Grobbelaar (o.14) en Elmé de Villiers (o.18). 

Een van Hennenman in Lejweleputswa span vir hokkie

'n Graad 8-leerder, Mariska Sadler, is opgeneem in die Lejweleputswa o.14-hokkiespan.

Atletiek

Emmerentia Meintjes, graad 10-leerder is opgeneem in die Vrystaat atletiekspan en het vanaf 24 tot 26 Maart aan die SA-kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Emmerentia het  tydens die afgelope SA-kampioenskappe 8ste gekom in gewigstoot. Sy is eintlik o.16 maar was deel van die o.17-groep. Haar afstand was 10,91 m.

Mnr en Mej Hennie

Tydens ons jaarlikse Mnr. & Mej. Hennie is Christo Coetzee en Carla de Bruyn gekroon as ons wenners. 
Die aand het in Parys, Frankryk afgespeel en die deelnemers het tydens hulle items verskillende lande uitgebeeld. Dit was 'n stylvolle en suksesvolle aand en al die deelnemers het pragtig gelyk en hul uitstekend van hul taak gekwyt.
 
Die eerste prins en prinses was Danny Booysen en Chané van Tonder en die tweede prins en prinses was Marno Hasenjager en Elmé de Villiers.


Op die foto is die ses wenners  v.l.n.r. 
Marno, Danny, Christo, Carla, Chané en Elmé


       Christo en Carla

VRL

Na die voltooiing van die inburgeringsprogram het die graad 8's geleentheid gehad om hulle VRL-lede te kies. Ons VRL vir 2011 is:

Agter v.l.n.r.: Werner Landman (gr. 10), Anjé Erasmus (gr. 9), Gerrit Ehlers (gr. 11),
Mariska Joubert (gr. 8) en Robert Pottas (gr. 12)
Voor v.l.n.r.:Stefan Smit (gr. 8), Simoné Leibbrandt (gr. 10), Emmerencia Coetzee (gr. 11),
Leandri du Preez (gr. 12) en DT Ferreira (gr. 9)

Nou eers waardige draers van HSH-skoolbaadjie

Na die voltooiing van die inburgeringsprogram het die graad 8's van Hoërskool Hennenman gedurende 'n seremonie hul baadjies ontvang as simbool dat hulle nou ware Hennies is. Op die foto ontvang JC Stemmet (links) en Melissa J van Rensburg (regs) hul baadjies van die hoofseun (Gert Coetzer) en hoofdogter (Elmé de Villiers) vir 2011.

Sottekonsert 
Die tema van Hoërskool Hennenman se jaarlikse sottekonsert was Disney Channel. Die graad 8's het hul rolle as Disney-karakters oortuigend vertolk en vir 'n aand vol pret en vermaak gesorg. Hier is Camilla Grobbelaar, Charné Mollentze en Mariska Joubert in die rolle van die drie lelike susters

Uiteindelik 'n ware Hennie!

As afsluiting van die graad 8-inburgeringsprogram moes elke graad 8-leerder die gevreesde moddergat trotseer! Hier is 'n verligte en trotse Mariska Joubert, VRL-lid van die graad 8's vir 2011 aan die einde van die moddergat

WATERKASKENADES

Die graad 11's van Hoërskool Hennenman bied elke jaar 'n waterkaskenades aan ter stywing van die matriekafskeidfonds. Met hierdie dag is daar hope waterpret en waatlemoenplesier wat verseker dat elke Hennie sopnat huis toe gaan. Hierdie jaar was geen uitsondering nie en met 'n waatlemoenstreep en breë glimlag oor die gesig het elke Hennie die dag terdeë geniet.
Op die foto stoot Pieter Minnaar vir Gert Coetzer in 'n kruiwa &ldots; wonder hoeveel water was oor in die bak? 

Top 50-Skole

Hennenman is aangewys as een van die Top 50-skole in die Vrystaat en het 'n goue toekenning by die Departement van Onderwys ontvang. Hier is me. Brenda Hoffman, akademies hoof, met die trofee wat die skool ontvang het.

Krieket - Hennenman klop Goudveld met 'n 100 lopies.

Ons het in ons eerste seisoen in die A-liga van Noord Vrystaat Krieket vir 'n groot opskudding gesorg deur die ander  Afrikaanse skool in die area Goudveld met 'n 100 lopies te klop.

Ons het eerste gekolf en 208 vir 8 in 50 beurte aangeteken. Die uitblinkers met die Kolf was Marco Pretorius 60, Anton Pretorius 24 en Marco Engels 24 vir Goudveld het Alvin Cloete goed geboul en 3 paaltjies vir 26 geneem.

 In Goudveld se beurt was hulle vroeg in die moelikheid toe twee van hulle stêrkolwers, Johan Kruger en Shuan Reynolds deur Marco Engels uitgehaal is voor die groot totaal dubbelsyfers bereik het. Alvin Cloete het weer vir Goudveld met die kolf uitgeblink en 'n goeie 25 behaal uit sy span se groottotaal van 108 almal uit. Behalwe Marco Engels  wat geeindig het met syfers van 2 paaltjies vir 16 lopies, het Danie van Heerden goed geboul en 3 paaljies vir 15 lopies in 9 beurte geneem. Ferdie Smith het ook met die bal uitgeblink en 2 paaljies vir net 9 lopies in 7 boulbeurte geneem

Matriekuitslae 2010

100% slaagsyfer (7de jaar agtereenvolgens)
Onder top 50 skole in Vrystaat en ontvang 'n goue toekenning tydens die Top 50-Skolefunksie in Bloemfontein.

40 matrieks
29 A-simbole
51 B-simbole
50 C-simbole

TOPPRESTEERDERS

Andri Peters

5 onderskeidings

Chané van Rooyen

 3 onderskeidings

AJ van Tonder
Celestine Coetzee
Cherise van Lingen
Cilloné Nel
DP Prinsloo
Michélle Prinsloo
Shasha-Lee vd Linde

 2 onderskeidings

Matriekraad 2011


Agter v.l.n.r.: R. Pottas (onderhoofseun), G. Coetzer (hoofseun), L. Minnaar,
M. Pienaar, P. Minnaar en L. Vernooy
Voor v.l.n.r.:L. du Preez (onderhoofdogter), E. de Villiers (hoofdogter),
A. Rautenbach, C. Pretorius, C. van Zyl en C. Beets

Oorsig 2011

  Lys van Equipment

ATKV-gedigkompetisie

Die ATKV-jeugtak van Hoërskool Hennenman het 'n gedigkompetisie aangebied waaraan alle leerders van die skool kon deelneem. Jurie Purchase was die wenner van die senior- en Niel-Hendrik Hoffman die wenner van die juniorafdeling.

Jurie Purchase en Niel-Hendrik Hoffman

HIP2B2iTHINK-uitdaging

Hoërskool Hennenman het tydens Nasionale Wetenskapweek aan die HIP2B2iTHINK-uitdaging deelgeneem en twee spanne na Welkom gestuur. Leerders is blootgestel aan talle wiskunde- en wetenskapverwante opdragte, raaisels en probleme. Een van ons spanne, bestaande uit Werner Landman, Walt vd Walt, Charles Strydom, Jason vd Fecht, Carla de Bruyn, Jaco van Staden, Simoné Leibbrandt en Tarien Jacobs eindig tweede in die Vrystaatstreek.

 

Redenaars

Tydens ons jaarlikse redenaarskompetisie is Antionette Rautenbach (gr. 12) aangewys as die Senior Redenaar en Niel-Hendrik Hoffman (gr. 8) as die Junior Redenaar van 2011.

 
Op die foto v.l.n.r.: Niel-Hendrik Hoffman, Mev. Susan Pienaar en Antionette Rautenbach

TWEE VAN HENNENMAN IN GRIFFONS RUGBYSPANNE

Tweevan ons leerders is in Griffons rugbyspanne opgeneem wat tydens die Junie-vakansie aan toernooie gaan deelneem

 Robert Pottas (links) is in die Griffons o.19-span opgeneem wat aan die o.19-rugbyweek te Potchefstroom gaan deelneem. Marco Pretorius (regs) is in die o.16-Griffons Grant Khomo-span opgeneem wat aan die Grant Khomo-week te Queenstown gaan deelneem.

Mnr. Nico Pretorius (inlas), skoolhoof van Hoërskool Hennenman is die afrigter van die o.16-Griffons Grant Khomo-spaN.

TWEE VAN HENNENMAN IN DIE GRIFFONS o.18-PLATTELAND AKADEMIESPAN

Twee leerders is in die Griffons o.18-Platteland Akademie rugbyspan opgeneem wat tydens die Junie-vakansie aan die Akademieweek aan die Universiteit van Johannesburg gaan deelneem.

Hulle is Vincent Mokeki (links) en Christo Coetzee (regs).

TWAALF VAN HENNENMAN OPGENEEM IN SANDVELD RUGBYSPANNE

Twaalf van ons leerders is in Sandveldspanne opgeneem wat tydens die Junie-vakansie aan toernooie gaan deelneem. Hulle is:



Agter v.l.n.r.: André Bothma (o.19), Gert Coetzer (o.19), Freddie Wepener (o.19),
Ferdi Smith (o.19), Christo Potgieter (o.16) en Danie van Heerden (o.16)

Voor v.l.n.r.: Morné Coulson (o.19), Danny Booysen (o.19), Didier Botes (o.16),
Eben Uys (o.16), Ruan van der Bank (o.19) en Charles Strydom (o.16).

Hierdie spanne gaan tydens die vakansie aan die VKB SA-Plattelandweek te Reitz (o.19) en Frankfort (o.16) deelneem.

Mnr. Dirk Coetsee (inlas) , departementshoof van Hoërskool Hennenman is die afrigter van die o.19-Sandveldspan.

 

Nege van Hennenman in Sandveldspanne vir netbal


Nege leerders is opgeneem in onderskeie Sandveld netbalspanne. Hulle is v.l.n.r.: Claudia Lesige (o.16), Elmé de Villiers (o.18), Mellissa Janse van Rensburg (o.14), Mariska Joubert (o.14), Carissa van Wyk (o.15), Camilla Grobbelaar (o.14), Anjé Erasmus (o.15) Cironka Nel (o.14) en Lydia Dhlangisa (o.16).

 

Pluimbal

Elmé de VIlliers het (as junior) saam met die SA senior pluimbalspan na 'n "All Africa"-toernooi en "All Africa Team Events" in Marokki gegaan waar sy slegs as toeskouer opgetree het. Daarna is hulle na die "All Africa Open" waaraan sy kon deelneem. Sy het in die enkels tot in die tweede rondte gevorder, en in die dubbels het hulle reeds in die eerste rondte uitgeval.  Daarna het hulle aan die"Marocco International" deelgeneem waar sy in die enkels ook weer tot in die tweede rondte gevorder het. Met die dubbels het hulle tot in die derde rondte gevorder. Al het sy nie gewen nie, was dit vir haar 'n belewenis en sy het ongelooflike ervaring opgedoen wat nooit van haar weggeneem sal kan word nie.

Elmé de Villiers (gr. 12) en Frederik Swanepoel (gr. 11), albei leerders van Hoërskool Hennenman, het uitstekend gevaar tydens die Vrystaat o.19-Ope Kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasgevind het. Elmé eindig tweede en Frederik derde met die enkelspel, dubbelspel en gemeng.

Elmé de Villiers is ook ingesluit in die Suid-Afrikaanse Senior Pluimbalspan wat huidiglik (1 Mei - 16 Mei) aan drie toernooie in Marokko gaan deelneem


Frederik Swanepoel


Elmé de Villiers

Jukskei

Schalk van der Merwe, graad 11-leerder in Hoërskool Hennenman, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.19-Jukskeispan. Hy het aan die Nasionale Namibiese Kampioenskappe gaan deelneem. Hy was die kaptein van die o.19-seunsspan wat teen ander seniorspanne deelgeneem het. Hulle het 10de in die kompetisie geeïndig en die toets teen Namibië gewen.

 

Schalk van der Merwe         

 

Tot siens oom Shorty!

Na 17 jaar by Hoërskool Hennenman het mnr. Shorty vd Berg, faktotum van HSH, afgetree. HSH se personeel en leerders wens hom 'n geseënde aftrede toe! Op die foto is mnr. Shorty vd Berg en sy vrou, Petro

Vyf opgeneem in Goudveld o.14-tennisspan

Vyf graad 8-leerders  is op die Goudveld o.14-tennisranglys. v.l.n.r.: Kevin Pretorius, Melissa J van Rensburg, Cironka Nel, Mariska Sadler en Ulrike Wessels

Vier opgeneem in Goudveld-tennisspanne

Vier senior leerders van Hoërskool Hennenman is op die Goudveld tennisranglys wat aan die Noord-Vrystaat tennisproewe gaan deelneem. Hulle is:

v.l.n.r.: Megan Hasenjager (o.16), Anton Pretorius (o.19), Marco Pretorius (o.16) en Danie van Heerden (o.16)

Skaaknuus

Johandré van Tonder het gedurende die Desember-vakansie Noord-Vrystaat verteenwoordig in die Nasionale Skaak Kampioenskappe in Gauteng. Johandré het 4 van sy 7 wedstryde gewen. 

Gr 8 Kamp

Die nuwe graad 8's het as deel van hul inburgeringsprogram 'n graad 8-dag te Willem Pretorius bygewoon. Die matriekraad het hulle goed besig gehou en na 'n dag se aktiwiteite, speel en ook swaarkry, het almal mekaar goed geken en kon hul huis  toe gaan met 'n ware Hennie-gees!

Op die foto is al die graad 8's saam met die matriekraad van 2011.

Kleuratletiek

Tydens ons Kleursport het die Blouspan (Avatars) en Groenspan (Ninja Turtles) mekaar goed opdraende gegee. Die dag het onbeslis geëindig nadat reën die byeenkoms onderbreek het, maar later in die week is die stryd hervat en die Groenspan het eerste oor die wenstreep gehardloop!


Rasieleiers van die Avatars:
V.l.n.r.: Pieter Minnaar, Danny Booysen, Elmé de Villiers, Angelique Grobbelaar,
  Lohandi de Villiers, Gert Coetzer en Louis Minnaar


Rasieleiers van die Ninja Turtles:
Agter v.l.n.r.:Michael Pienaar, Coen Oosthuysen, Chariska Pretorius,
Antionette Rautenbach, Nicolé Pretorius en Telana Richter.
Voor:Fanie Pretorius, Leonard Vernooy, Wynanda Terblanché, Chané van Tonder, Corné van Zyl en Freddie Wepener

ATKV-Jeugtak

Ons het deel geword van 'n uitgelese groep skole in die Vrystaat deurdat ons 'n ATKV-Jeugtak in Hennenman gestig het. Ons glo dat die bestuur ons jeugtak van krag tot krag sal laat gaan. Die bestuur bestaan uit:

v.l.n.r.:  Elsjé Cronjé (Sekretaresse), Charles Strydom (Add. Lid), Ané Myburgh (Voorsitter),   Danie van Heerden (Add. Lid) en Carla de Bruyn (O/voorsitter)

 

Derby

Kyk gerus hier vir nuus en foto's oor die Derby

Mnr Nico Verjaar

Mnr. Nico Pretorius, skoolhoof van Hoërskool Hennenman is tydens sy verjaarsdag deur die matriekraad van 2011 bederf met 'n heerlike ontbyt en 'n rit op 'n stroper tot by die skool. By die skool is daar erewag gestaan, gesing en gelukwense oorgedra waarna hy met ballonne in sy kantoor verras is! Tot aan die einde van die dag is feesgevier en Hoërskool Hennenman het weer bevestig: van skoolhoof tot by elke leerder &ldots; ons is ANDERS!

Op die foto is die nuwe matriekraad van 2011 saam met mnr. Pretorius by die stroper.

V.l.n.r.: L. Vernooy, P. Minnaar, R. Pottas, M. Pienaar, L. Minnaar, G. Coetzer, E. de Villiers, C. van Zyl, C. Pretorius, C. Beets, A. Rautenbach en L. du Preez.

Presteerders

Kyk gerus na al 2010 se sportpresteerders hier Die akademiese presteerders sal u hier vind en die meriete wenners hier.

HSH seuns blink uit!

Vier seuns  het gedurende die Desember-vakansie Vrystaat Platteland verteenwoordig op die onderskeie SA Platteland toernooie in Kuruman: op die foto v.l.n.r. is Danie van Heerden (o.15), Anton Pretorius (o.18), Marco Pretorius (o.15) en Marco Engels (o.18). Marco Engels en Danie van Heerden het uitgeblink op hulle onderskeie toernooie: Marco het die hoogste kolfgemiddeld in die Vrystaat Plattelandspan gehad en het ook 7 paaltjies op die toernooi geneem terwyl Danie 'n goeie 72 in een beurt aangeteken het en 'n totaal van 6 paaltjies op die toernooi geneem het.

Terug


Kontakbesonderhede:
057 5731130
Posbus 242
Hennenman
9445

EPOS: hsh@hsh.co.za
Skoolhoof: npretorius@hsh.co.za