Ons is werklik
trots op ons uitslae teen Hoërskool Sand du Plessis van
Bloemfontein. Om op 'n gegewe dag meer wedstryde te wen as te verloor
teen enige van die stadskole, is definitief 'n pluimpie vir enige
plattelandse skool.
Die
ondersteuning van die gemeenskap tydens die derby was ongelooflik.
Dankie aan elkeen wat deur sy/haar teenwoordigheid deel was van die
ware gees van 'n derby!.
Die uitslae
was as volg (speler van die wedstryd word ook aangedui):
HOKKIE
Eerstespan
dogters wen 5 - 1 (Elmé de Villiers)
TENNIS
Seuns
eerstespan wen met 37 potte.
Dogters
eerstespan wen met 35 potte.