|
28 LEERDERS VAN HSH IN VERTEENWOORDIGENDE SPANNE
28 leerders
van Hoërskool Hennenman verteenwoordig op streeks-, provinsiale
of nasionale vlak in verskillende sportsoorte

Agter
v.l.n.r.: M. Pretorius (Griffons Grant Khomo rugby & NVS tennis),
G. Ehlers
(Sandveld rugby),
C. Coetzee
(Sandveld rugby), F. Wepener (Sandveld rugby & Vrystaat atletiek),
M. Pienaar
(Sandveld rugby), E. Hills (Sandveld rugby),
G. Coetzer
(Sandveld rugby)
Derde ry
v.l.n.r.: C. Pretorius (Lejweleputswa netbal), A. van Tonder
(NVS skaak),
J. du Preez
(Sandveld rugby),
S. vd Merwe
(SA jukskei), S. Blom (Griffons Grant Khomo rugby),
A. Pretorius
(Sandveld rugby),
C. Fleischman
(Lejweleputswa netbal),
A. Peters
(Lejweleputswa netbal)
Twee ry
v.l.n.r.:T. Motsoahole (NVS skaak), M. Hasenjager (NVS tennis),
J. Diniso
(Sandveld rugby), J. Grové (Sandveld rugby),
J. van Tonder
(NVS skaak),
E. Leibbrandt
(Lejweleputswa netbal),
T. Tsehlana
(NVS skaak), D. Ferreira (NVS stoei)
Voor
v.l.n.r.:J. Blom (Sandveld & SA Platteland rugby),
E. de Villiers
(Lejweleputswa netbal & SA pluimbal), Mnr. D. Coetsee,
R. Pottas
(Griffons Platteland rugby), Mnr. N. Pretorius,
E. Meintjes
(VS atletiek), J. Smit (Sandveld & SA Platteland rugby)
|
GEKIES VIR LEJWELEPUTSWA
IN LANDLOOP
Elmé
Leibbrandt, matriekleerling aan Hoërskool Hennenman, is opgeneem
in die Lejweleputswa o.19 landloopspan .

KRIEKET
VRYSTAAT PLATTELAND
Drie van
Hoërskool Hennenman se seuns is ingesluit in Vrystaat Platteland
Krieketspanne. Danie van Heerden en Marco Pretorius is ingesluit in
die Vrystaat Platteland o.15-span en Marco Engels in die Vrystaat
Platteland o.18-span. Hulle gaan tydens die Desembervakansie die
SA-Plattelandweek te Kuruman bywoon.

v.l.n.r.:Danie
van Heerden, Marco Engels en Marco Pretorius
|
ONS BEHAAL
TWEEDE PLEK BY HIP2B2-iTHINK
Agt leerders
het op Maandag, 2 Augustus, die HIP2B2 iThink Challenge by
Harmonie Hoërskool in Virginia gaan bywoon. Dit is aangebied
deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie as deel van die
landswye viering van Nasionale Wetenskapweek. Die leerders is by hul
aankoms in verskillende spanne ingedeel en het op 'n opwindende
manier meer van tegnologie, wiskunde en wetenskap geleer. Een van ons
spanne, bestaande uit Barend Stofberg (gr. 9), Gerhard Marais (gr.
8), Antionette Rautenbach (gr. 11) en Jean Pretorius (gr. 10)
het tweede in die kompetisie geeïndig.

Perdesport

Deámri
Erasmus is opgeneem in die Vrystaat se Perdesportspan. |
|

SCHALK
VERTEENWOORDIG SA OP SA JUKSKEI KAMPIOENSKAPPE
Schalk van der
Merwe, is opgeneem in die SA-o.16 jukskei-span wat vroeër die
jaar in Namibië gaan toer het
|
TWEE VAN
HSH GEKIES VIR SA PLATTELAND o.19
Johan Blom
(links) en Johann Smit (regs) is opgeneem in die SA Platteland
o.19-span wat gedurende die Septembervakansie in Argentinië gaan toer.
 |
KRIEKET

Ons o.15-krieketspan
het gedurende die afgelope seisoen skitterende krieket gespeel.
Die laaste drie ligawedstryde wen hulle teen Riebeeckstad o.15A-span
met 178 lopies, Gimnasium o.15B-span met 231 lopies en Theunissen
o.15A met 200 lopies. Drie leerders was uitblinkers in hierdie
wedstryde: Charles Strydom (links) neem 5 paaltjies vir 8 lopies in
die wedstryd teen Riebeeckstad, Marco Pretorius (middel) slaan 106
lopies n.u. teen Riebeeckstad, 127 lopies n.u. teen Gimnasium en 111
lopies n.u. teen Theunissen. Gerhard van Wyk (regs) slaan 130 lopies
n.u. teen Riebeeckstad.
|
|
Uitslae 2009
Mnr Nico
ontvang 'n pragtige sertifikaat en trofee van mnr Mtombheni vir die
100% slaagsyfer wat die graad 12's verlede jaar behaal het
 |
HOËRSKOOL
HENNENMAN SE ATLETE PRESTEER
Tydens die
Noord-Vrystaat Interhoër het vyf atlete uitsonderlik
presteer. Elmé Leibbrandt behaal 'n sesde plek in
verspring D/19, Johan Blom 'n vyfde plek in driesprong S/19,
Emmerentia Meintjes 'n eerste plek en nuwe rekord in gewigstoot D/15
en Elmé de Villiers 'n tweede en derde plek onderskeidelik in
verspring en 400 m D/17.
Freddie en
Emmerentia het ook gekwalifiseer om tydens die April-vakansie aan die
Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te Sasolburg te gaan
deelneem. Freddie het 'n algehele 12de plek in spiesgooi S/17
behaal en Emmerentia 'n 9de plek in gewigstoot D/15. Voorwaar
uitstekende prestasies! 
Op die
foto: v.l.n.r.: Elmé Leibbrandt, Johan Blom, Freddie
Wepener, Emmerentia Meintjes en Elmé de Villiers |
PERDE HAAR PASSIE!
Deamri
Erasmus, graad 8-leerder het tydens die eerste been van die
Vrystaat Skole Perdespring 'n eerste plek in die Ruiterkuns asook
"Working Hunter" -afdelings behaal. Sy behaal ook 'n tweede
plek in die spring-afdeling.
|
|
Frederik
Swanepoel word gekies vir Noord-Vrystaat se 0/17-, 0/19- en
seniorspanne. Hy was kaptein van beide 017- en 0/19-spanne. In die 0/17-ouderdomsgroep
word hy gegradeer onder die top 6 spelers in Suid-Afrika. Hy word
ook aangewys as Noord-Vrystaat Pluimbal se Junior Sportman van die jaar. |
STOEI!
DT Ferreira,
graad 8-leerder is tydens die Noord- Vrystaat
Stoei Kampioenskappe as die kampioen in die o.15 afdeling aangewys.
|
PLUIMBAL
Elmé
word gekies vir Noord-Vrystaat se 0/19- en seniorspanne. In die
0/19-ouderdomsgroep word sy gegradeer as die tweede beste speler in
Suid-Afrika en op seniorvlak as die sewende beste speler in die land.
Sy word aangewys as Noord-Vrystaat Pluimbal se Sportvrou van die jaar. |
|
TWEE VAN
HOËRSKOOL HENNENMAN SPEEL NOORD-VRYSTAAT TENNIS
Marco
Pretorius (links) en Megan Hasenjager (regs), albei graad 9-leerders
het gedurende die April-vakansie die Noord-Vrystaat o.15A-tennisspan
tydens die SA Interprovinsiale toernooi in Pretoria, verteenwoordig. |
Drie
leerders van HSH in Noord-Vrystaat pluimbalspan!
Drie leerders
is opgeneem in die Noord-Vrystaat o.19-pluimbalspan wat vanaf 3 - 10
April aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein
deelgeneem het.

Hulle is
v.l.n.r.: Lydia Dhlangisa, Frederik Swanepoel en Elmé de Villiers |
Vier
skaakspelers van HSH in Noord-Vrystaatspan!
Vier
skaakspelers is opgeneem in die Noord-Vrystaat skaakspan.Hulle gaan
hul streek verteenwoordige tydens die S.A. Skaakkampioenskappe in
Johannesburg wat aan die einde van die jaar plaasvind.

Hulle is
v.l.n.r.: Tiisetso Tsehlana (o.18), AJ vanTonder (o.20),
Johandré van Tonder (o.18) en Tebello Motsoahole (o.20).
|